

SJOKOLADE MELKTERT
Die sjokolade melktert in lae gepak.
1 liter melk
180 ml vlapoeier
30 ml kakao
1 blik kondensmelk
5 ml vanilje geursel
1 eier geklits
2 pakke tennisbeskuitjies
Verhit 750 ml melk. Meng kakao en vla met res van die melk en kondensmelk tot glad.Voeg by warm melk in kastrol roer,prit en roer tot glad en dik. Haal van stoof af, laat effens afkoel. Voeg by vanilje en geklitse eier. Begin met beskuitjies onder in die bak en smeer vlamengsel oor, herhaal lae tot vulsel opgebruik is
Sit bietjie gekrummelde beskuitjies bo-op, sit oornag in yskas heerlik!
Groot wenner nie soet nie.
Bron: Rina Gerber
Foto: Hettie Pringle






