gooi 1 en ‘n half koppie kookmelk oor 1 koppie oats,laat dit helemal afkoel, gooi by 6 E suiker (strooi suiker) 1 eier, 3 K koekmeel (gesif),4 T bakpoier, 1 T sout, meng als lekker deur, dit maak deeg, knie dit bietjie plaas in broodpan, resep se bak 1 en ‘n half uur teen 180 maar ek het myne 1uur gebak en was perfek en gaar.
Bron en foto: Marisa Olivier