

LEKKER MAKLIKE MELKTERT
Vir die kors pak tennisbeskuitjies in die bak
800 ml melk
3 eiers
3 eetlepels koekmeel
3 eetlepels mielieblom
Knypie sout
15 ml botter gesmelt
2 ml vanieljegeursel
3/4 koppie suiker
gemaalde kaneel/suiker
Bring melk tot kookpunt in die mikrogolfoond.
Voeg vanieljegeursel by melk.
Klits eiers goed, voeg suiker , botter by en meng.
Voeg koekmeel, mielieblom en sout by eiermengsel en meng goed.
voeg eiermengsel by melk en roer goed.
Kook tot dik, roer die heeltyd.
Gooi in bak, strooi kaneel suiker.
Sit in yskas vir 3 ure en geniet.
(Resep geheim sit innie roer)
Bron en Foto: Annie Moule






