

LOUISE SE HOENDERLEWERPATEE
Ek maak al baie jare hoenderlewerpatee, dit is my gunsteling patee Dis baie belangrik dat dit ‘n paar dae voor die tyd gemaak word, want die geur verbeter dramaties as dit ‘n paar dae gestaan het (in die yskas).
3 uie
500 g bakkie hoenderlewers
Geurmiddels na smaak:
sout en swart paper
2 loerierblare
fyn neutmuskaat
tiemie
knippie rooipeper
‘n goeie skeut sjerrie
Braai die uie tot heeltemal gaar in botter. Maak die lewertjies voor die tyd mooi skoon, sny enige pypies en grizzly bits af met ‘n skerp mes en verwyder ook enige groen stukkies (dis gal en ons wil nie dit eet nie). Sit nou die lewertjie in ‘n sif dat die water kan dreineer. As die uie gaar is, verhoog die hitte tot maksimum en voeg dan die lewertjies by, roerbraai vinnig en voeg dan al die geurmiddels by.
Roerbraai tot net-net gaar, die lewertjies kan nog effens pienk wees. Moenie skaam wees met die geurmiddels nie, dit moet goed gegeur word. Laat bietjie afkoel, verwyder loerierblare en dan verpulp jy dit in ‘n voedselverwerker, plaas in glas bakkies en gooi gesmelte botter bo-oor. Bêre in die yskas.
BRON- Louise Groenewald (eie resep)
Louise Groenewald
Jy kan die hitte hoog hou en die sousie wegkook as jy wil. Andersins kan jy dit saam fynmaak. Die patee raak stywer as dit in die yskas staan.
Karika Etzebeth
Ek het 1 ui fyn gesny en in botter gebraai, (ek weet nie hoeveel nie ek het net in gegooi) Ek het dit toe gebraai tot dit sag was en toe gooi ek die lewertjies by en dit tot gaar gebraai en so effens bruin. My spices wat ek ingegooi het is baie swart peper, sout, garlic sout en ook Cayenne pepper. En al moet ek self sê dis ongelooflik lekker kan nie wag vir dit om tot môre te staan sodat ek dit op toast kan eet vir breakfast…oooh askuus ek het garlic ook saam die eie gebraai.
Saam met die lekker lewer patee
Kombinasies van kersie tamaties , songedroogde tamaties, roomkaas, tiemie, pietersielie en peper. 2de Foto: Werner Jacques Blauw







geskuif
Heerlike resep om te maak. Baie dankie