

KAASKOEKIES VAN SIMBA SKYFIES
200 g (500 ml) gerasperde cheddar kaas
1 pak (150 g) kaas en uie skyfies fyngemaak
140 g (250 ml) koekmeel
100 g (110 ml) botter of margarine kamertemperatuur
Stel die oond op 200 ºC. Smeer ‘n bak plaat. Meng kaas, skyfies, koekmeel en botter saam tot ‘n sagte deeg. Rol balletjies tussen die handpalms. Pak op bakplaat. Druk plat met vurk en bak vir 10min.
Lewer ongeveer 4 dosyn koekies.
Resep: Rina Kleinhans
Foto van Resep: Ryno En Zelda Herridge






