SOUTBESKUITJIES
Met al die partytjies en funksies deel ek die maklike en lekker soutbeskuitjies met julle. Dit was nog altyd ‘n wenner as ek dit na ‘n partytjie geneem het…
1 Pakkie (60g) dik wit uiesoppoeier
120 g (250 ml) koekmeelblom
110 g (125 ml) margarine
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Spuit bakplaat.
Meng uiesoppoeier en koekmeelblom saam.
Vryf die margarine met jou vingers in tot goed gemeng.
Rol klein balletjies en druk plat met n vurk.
Bak ± 15 minute lank of totdat die beskuitjies strooikleurig is.
(Ek gooi bietjie paprika by en sit saadjies bo op.
Het al selfs bietjie kaas ook in gesit)
Resep: Winnie Jordaan
Foto: Michelle Frylinck








