JEANETTE SE TREFFER JOGURTKOEK
Koek:
125 g botter
¾ koppie suiker
3 eiers (geskei)
½ teelepel koeksoda
125 ml ongegeurde jogurt
1 koppie koekmeel
½ teelepel bakpoeier
1 teelepel vanilla geursel
100 g melksjokolade
Klits botter tot lig en klits suiker bietjiesgewys by. Voeg eiergele en vanilla by. Meng koeksoda in jogurt en voeg by. Vou meel in. Klits eierwitte styf en vou in. Smelt sjokolade en drizzle oor deeg. Bak in losboomkoekpan vir 45-60 min.
Bolaag:
60 g botter
½ koppie suiker
3 eetlepel room
½ koppie klapper
Plaas in kastrol en verhit tot goed gesmelt en gemeng. Skep oor koek wanneer dit uit die oond kom. Rooster onder oond-element tot begin verkleur. Laat afkoel en plaas in lugdigte houer.
Ek het dit al met heelneut-sjokolade ook gemaak. Maak dit die dag voor die tyd, sodat die bo-kors bietjie sag kan word. Dit word lekkerder, hoe langer dit staan.
Resep en foto: Jeanette Martins








