Hoender boudjies en dytjies
2 koppies rooiwyn
2 lourierblare
1 spruit tiemie of ½ teelepel droë tiemie
4 stroke bacon in blokkies gesny
1 fyngemaakte knoffelhuisie
1 hoenderekstrak blokkie
2 eetlepels tamatiepasta
125g heel sampioene
3 medium grootte aartappels in blokkies gesny en halfgaar gemaak.
3 medium grootte uie grof gekap. (verkieslik sowat 10 heel piekeluitjies)
Sout en peper na smaak.
Avoskywe (opsioneel)
Meng ‘n bietjie meel met sout en peper en rol die hoender daarin om goed te bedek. . Braai die hoender, saam met die bacon in ‘n bietjie olie tot die hoender verbruin het. Krummel hoender ekstrakblokkie by hoender en voeg lourierblare by. Voeg tiemie, knoffel, tamatiepasta en bietjie water by en kook tot hoender gaar is. Voeg sampioene en rou uie by en giet rooiwyn oor. Bring tot kookpunt en laat prut vir ‘n paar minute tot die uie sag is. Voeg aartappels by en prut tot die aartappels heeltemal gaar is. Plaas ‘n paar avoskywe in die sous net voor jy dit van die hitte afhaal.
ADRIAN OLIVIER
Foto: Adam Cloete








