GRANADILLA SNEEUPOEDING
My 4 bestanddele resep.
1 glasie vars room
1 pakkie suurlemoenjellie
300 ml kookwater
pulp van 3 granadillas of een blikkie granadillamoes
175 ml (een houer) Griekse jogurt
Los jellie op in die kookwater, laat dit buite die yskas afkoel. Dit moenie stol nie, maar moet heeltemal afgekoel wees.
Klits die room styf, voeg die jellie, granadilla (hou ‘n klein bietjie moes eenkant vir versiering) en jogurt by die room en roer goed deur.
Giet die mengsel in individuele glasies of in een groot tertbak en giet die granadilla moes oor die tert en verkoel in die yskas.
Nota-Soms plaas ek Tennis beskuitjies onder in die tertbak en giet die mengsel daaroor. Die resep is genoeg vir 6 mense. Tyd in die yskas is ongeveer 4 ure.
Resep en foto: At Horn









geskuif
done