FRIKKADELSOP
Hier is weer ‘n lekker alles in een ete, as mens glo sop moet vleis in hê, dan sal die een vir jou werk, mens kan die frikkadelle lekker klein maak indien verkies. Baie dankie Hélène Kluge.
2 liter bees/hoenderekstrak
1 gekapte ui
2 gekapte knoffelhuisies
2 x 410 g blikkies of vars kersietamaties
10 ml Worcestersous
15 ml bruin suiker
geur na smaak
selfgemaakte klein frikkadelletjies
vars kruie
Voeg by die bees/hoenderekstrak:
Braai die gekapte ui en knoffelhuisies in bietjie olyfolie vir 1 minuut.
Voeg by die blikkies of vars kersietamaties en bring tot kookpunt.
Voeg by die Worcestersous, suiker en geur na smaak.
Voeg die selfgemaakte klein frikkadelletjies en vars kruie by.
Kook tot gaar – en geniet met lekker brood/broodstokkies.
BRON- Helene Kluge








