VARKTJOPS MET PERE
MY BYDRAE TOT VARK VLEIS WEEK SAAM MET MY EIE TUISGEMAAKTE PYNAPPEL CHUTNEY.
15 ml (1 eetlepel) gemengde kruie
sout en peper
30 ml (2 eetlepels) olyfolie
15 ml (1 eetlepels) botter
2 pere, geskil en in skywe gesny
10 ml (2 teelepels) suiker
takkies tiemie kon nie basil kry nie
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Geur die tjops met die kruie, sout, peper en olyfolie.
Braai in ’n ysterpan tot geskroei.
Verhit die botter en braai die peerskywe en suiker tot effens gekaramelliseer.
Pak die tjops op ’n bakplaat en verdeel die pere tussen die tjops. Rooster in die oond tot gaar
FOTO- Marie Rheeder Troskie








