Mens vat net soveel afgeroomde melk as wat jy kan kry, laat dit DIK word, en ek bedoel ordentlik dik – sommer totdat die vaste melkgedeelte en die wei skei. Die dik deel dryf dan bo. Gooi die vloeistofgedeelte af en skep dan die dikmelk deel in ‘n gaasdoeklap (cheese cloth material). Vou dit toe maar hou die punte bymekaar en draai dan die lap soos mens sal maak om die meeste van die water uit die dikmelkgedeelte uit te pers. Hou die punte so opgedraai en plaas dit in ‘n sif oor ‘n bak en plaas ‘n swaarderige gewig bo-op. Laat dreineer so oornag.
Die volgende dag moet jy die lap weer opwen sodat daar nog van die vloeistof kan uitpers as dit kan. Sit dit weer in die sif en sit iets swaar bo-op om te pers. As jy dink dis nou droog genoeg, maak oop, gooi in bak en gooi by wat jy wil – fyn grasuie, knoffelsout, enige gegeurde sout, net wat vir jou lekker is en geniet dit saam met jou broodjie. Ek sny vir my dun snytjies komkommer daarop – heerlik! Hou dit net in die yskas, want dit is mos nou nie soos die gekooptes wat vir baie lank sal hou nie. Hoop dit kan vir iemand help!
Bron: Health24 – Yvonne
Martie Fourie Moolman:
Dit hang af hoeveel melk ek het, gewoonlik so 1 L. Maak dit net so lou in ‘n pot op die stoof (nie te warm nie) Gooi dan ‘n klein houertjie gewone yogurt by, Dit moet op die houertjie se ‘live cultures’ anders gaan dit nie werk nie, Voeg dan bietjie suurlemoensap en knippie sout by. Roer. Haal af van stoof. Besek met kleefplastiek en maak. toe met kombersie of ou handoek. Laat oornag staan. Dreineer volgende dag deur sif wat met gaas uitgevoer is. Laat dit maar rustig afdrup. Gooi elke keer die wei weg. Sodra jy sien dit kom als bymekaar draai die gaas in ‘n bondeltjie en druk kort kort die wei uit tot jy sien dit is solied. Nou kan jy dit maar geur met grasuie, fyn biltong of waarvoor jy lus het.Geniet!
Maritha Blaauw
Dis nou bietjie koud om dit vinnig te maak. Ek het 2 L melk in mikro gekook en hele suurlemoen se sap uitgedruk daarin en toegemaak in n bak met deksel. Swart asdromsak oor gesit en toegedraai in n kombers. Ooornag laat staan en vanoggend deur n sif gegooi. Sout, peper en grasuie fyn gekap en goed deur gemeng. Dit was bietjie droog en toe room by gegooi om dit smeerbaar te maak, My manlief is nogal baie verras toe ek dit vir hom wys en laat proe.
Foto 1: Maritha Blaauw
Karin Pitout
Maaskaas van volroommelk gemaak. Die melk is net laat staan vir paar dae op rak om goed dik te word. Deur kaasdoek gegooi en uitgedruk om al die wei uit te kry en toegemaak en oor vergitis gesit met swaar pot op. Moes maar nog paar dae in yskas staan tot ons tyd gekry het om te bewerk. Nou net bietjie kruie en sout en peper en ander sonder speserye word tert.
Foto 2 Carin Pitout









