Witbrood snye
Tamaties in skywe gesny
Uie – fyn gesny
Sprietuie – fyn gesny
Vars knoffel – fyn gesny
Cheddar kaas gerasper
Botter om broodjies te smeer
200g pitmielies
200g geroomde mielies
3 eiers
250ml melk
Baba tamaties en green pepper vir garnering.
Maak toebroodjies met tamatie, kaas, uie, sprietuie en geur met sout en peper.
Smeer die broodjies aan die buitekante met botter.
Pak in ‘n oondvaste bak.
Meng die eiers, melk en mielies.
Gooi oor die toebroodjies.
Laat staan 10 minute sodat die melk en eiermengsel goed in die brood intrek.
Bak teen 180 grade vir 40 minute.
Rooster tot goudbruin onder die oondrooster.
Bedien warm of koud.
Heerlik as ‘n bykos by ‘n braai.
Bron: Corne Liebeberg
FOTO- Danie Brits








