My 1ste Suurdeeg broodjie, gebak met die suurdeeg waarvan ek vroeër ‘n foto geplaas het! Moet egter erken, dit was my 2de probeerslag
https://foodloversrecipes.com/100-suurdeeg/
250 g witbroodmeel (Unbleached – Opsioneel)
50-60 g suurdeeg (Gevoer en aktief)
175 g water (Lou)
5 ml sout
Meng meel en sout.
Meng die suurdeeg en water, voeg by droë bestanddele.
Werk deur tot deeg nie meer aan die bak kleef nie.
Plaas in houer om te rys tot dubbel die oorspronklike grootte. (Spuit binnekant van houer met kleefwerende sproei).
Knie liggies af en vorm broodjie.
Plaas in ‘n gesmeerde broodpan en laat rys tot dubbel in grootte.
Bak vir 1 uur @ 180 ºCelcius of tot gaar.
*Die resep is genoeg vir een klein pannetjie.
*Die deeg is redelik “nat”, sorg dat jy genoeg meel op jou werk oppervlakte het en aan jou hande
*Maak ‘n snit in die bokant van jou deeg net voor dit oond toe gaan met ‘n skerp mes of doop ‘n skêr in melk en knip ‘n growwe snit
*Tyd, Tyd ,Tyd… – wees geduldig, jy sal beloon word!!
*Smeer die bokant van jou deeg met botter/olie om te voorkom dat ‘n kors vorm tydens rys periodes, jy kan seker ook kleefwerende sproei of kleefplastiek gebruik…
Probeer en laat weet ons van die resultate
Pieta Van Der Walt