SOETSUURDEEG BROOD (AARTAPPELSUURDEEG)
My 1ste Soetsuurdeeg brood!
Moet erken, dit het maar getêrre om die storie aan die rys te kry. Dit werk nie so lekker as dit koud is nie en my geduld is ook nie van die meeste nie……
Die resep is ietwat moeilik, het maar so met die gevoel gegaan omdat ek gesukkel het met die temperatuur en om dit aan’t rys te kry maar in kort:
Sny 2x medium aartappels in skywe en gooi in ‘n glas bottel (1lt+) met genoeg kookwater bo-oor om dit te bedek,
Voeg nou 2 teelepels suiker en sout in die water en meng.
Nou gooi jy ‘n bietjie meel by en meng liggies om ‘n baie sagte beslag te vorm, amper soos pannekoek deeg… Gooi nou nog ‘n bietjie meel droog bo-op en maak toe en laat staan oornag op ‘n lekker warm plekkie. Die volgende oggend behoort daar ‘n skuimerigheid bo-op te wees, haal die aartappels uit en meng deur, gooi weer ‘n bietjie meel bo-oor en laat staan sowat 60min om te rys. As dit mooi gerys het kan jy dit in jou meel gebruik.
Ek het bloot 2.5kg witbroodmeel gebruik met ekstra louwarm water en sout om ‘n elastiese beslag te vorm, 60 minute laat rus, afgeknie en brode opgemaak en laat rys tot die panne vol was en toe vir ‘n uur laat bak teen 180 grade.
BRON- Pieta Van Der Walt
Susan Gouws: My ma het plastiek oor deeg gesit en dan toegedraai in komberse.