

SJOKOLADE KOLWYNTJIES MET KOFFIE SMAKIE
FOTO EN RESEP: Ingrid Lubbe
FOOD LOVERS RECIPES
Bedien: 12
1 koppie meel
1 koppie strooisuiker
½ koppie kokoa
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
½ teelepel “hazelnut grained koffie(Woolworths)” (of enige ander espresso poeier)
½ koppie melk
¼ koppie olie
1 eier
½ teelepel vanilla extract
½ koppie kookwater
Verhit oond op 160º C.
Spuit die kolwyntjie pannetjie liggies en sit die kolwyntjie koppies in die kolwyntjie pannetjie.
Gooi saam die meel, strooi suiker, cocoa, bakpoeier, koeksoda, sout en hazelnut grained koffie in n groot bak. Klits dit liggies totdat dit mooi gemeng is.
Voeg die melk, olie, eiers en vanilla by die meel mengsel en klits op ‘n middelmatige spoed tot dit mooi gemeng is. Sit die klitser dan op ‘n lae spoed en gooi die kookwater versigitg by die mengsel. Klits dan die mengsel op ‘n hoë spoed vir 1 minuut om lug in die mengsel te sit. (DIE DEEG IS HEELWAT MEER LOPERIG AS GEWONE KOLWYNTJIES
Deel die deeg op in die kolwyntjie pannetjies, elkeen so ¾ vol.
Sit in die oond en bak vir 12-15 minute of tot dit gaar is en jy ‘n tandestokkie in die middel kan steek en hy skoon uit kom.
Haal uit die oond uit en laat dit heeltemal af koel.
Maak dan die versiersel soos die onderstaande instruksies.
SJOKOLADE VERSIERSEL
1½ koppies botter (kamer temperatuur)
1 koppie cocoa
5 koppies versiersuiker
½ koppie melk
2 teelepels vanilla extract
½ teelepel “hazelnut grained koffie poeier” (of enige ander espresso poeier)
Sif die cocoa in ‘n groot bak om ontslae te raak van enige klonte.
Room die botter in ‘n aparte bak, en gooi dan die cocoa by en klits tot dit mooi gemeng is.
Gooi die versiersuiker en melk by die mengsel soos volg: 1 koppie versiersuiker en dan ‘n eetlepel melk en meng dan vir ‘n minuut, dan weer 1 koppie versiersuiker en ‘n eetlepel melk tot al die versiersuiker en melk bygevoeg is.
Gooi dan die vanilla extract en hazelnut koffie poeier by en meng goed.
As die versiersuiker te droog is, gooi gelydelik bietjies melk by, en as dit te pap is gooi nog versiersuiker by.
Om die 2 verskillende versiersels te maak:
Halveer die resep vir die sjokolade versiersel.
Vir die blou versiersel maak die helfde van die sjokolade versiersel soos bo, maar vervang die cocoa en hazelnut koffie poeier met versiersuiker, en gooi so eetlepel voedselkleursel by (of meer as jy ‘n donkerder blou skakering soek.
Gebruik 2 versiersakke (medium) en maak een vol met die sjokolade versiersel en die ander een met die blou versiersel, plaas dan altwee parallel binne in ‘n groot versiersak met ‘n groot tuit. Druk die spuit sak aan die begin eers uit in ‘n ander bakkie totdat jy sien altwee kleure kom nou gelyk uit en versier dan die kolwyntjies.
Die kolwyntjies is vreeslik sag en klam en die versiersel het ‘n heerlike sjokolade smaak!







Doreen Koen
As jy hou van ‘n lekker klam sjokolade kolwyntjie, is hierdie resep tops!! Die tyd dui aan 12-15 minute, ek het dit vir 20 in die oond gehad. Dalk iets te doen met die hoogte bo seevlak?