Kook die water in kastrol.
Voeg botter by en roer tot gesmelt.
Voeg meel alles gelyk by en roer vinnig met houtlepel tot die mengsel ‘n bal in die middel van die kastrol vorm en nie meer aan die kante vaskleef nie.
Verwyder van hitte en voeg eiers een vir een by.
Klop goed na elke byvoeging.
Die mengsel moet baie styf wees.
Drup klontjies deeg met lepel in bakplaat.
Bak vir 20 – 25 min by 190°C en dan vir 20 min by 160°C.
Laat afkoel en sny aan een kant oop om met room te vul.
Kan heel sjokolade oorgooi.
FOTO- Marie Rheeder Troskie