

POFADDER-WORS
Ja dit is toe Pofadder. Nie die slang nie! Dikderm/Vetderm van ‘n Kudu gestop met ‘n mengsel van gemaalde lewer, niertjies, uie, greenpeppers, bruin uiesoppoeier, geurmiddels na smaak.
Jy dop die dikderm om dat die vet binne sit (maak dit mooi skoon) en dan stop jy dit en bind dit toe met ‘n toutjie. Braai stadig oor die kole tot gaar. Nie te vinnig braai nie, anders bars die “wors”.
Kudu dikderm met lewer en niertjies. My man sit uie, soppoeier en nog ander dinge by. Ek is nie ‘n afval eter nie, maar die jagters hou baie hiervan.
BRON- Annelore Von Solms Joubert
Annelore Von Solms Joubert Hy vat die lewer en niertjies, meng dit met die uie en geurmiddels en maal dit alles fyn. Dan stop hy die skoongemaakte dikderm op en bind die punte met ‘n tou vas. Dit moet staaaaadig oor die kole gebraai word, anders bars dit oop.
Ek het my man gevra, maar hy sê jy moet maar geurmiddels bysit soos dit vir jou lekker is. Ek weet hy het uie, bruin uiesoppoeier, Worcestersous, braaispeserye, soetrissie bygesit en alles saam met die lewer en niertjies gemaal.






