

MOEË MAMMA PASTA CARBONARA
Ek het ‘n kwart pakkie sampioene opgekap en in olie gebraai saam met ‘n teelepel knoffel vir so 5 minute.
Ek het toe die ham bygesit en laat braai vir so 2 minute.
Ek het toe bygevoeg een blikkie geroomde sampioene, een pakkie Knorr witsous volgens aanwysings aangemaak, en ‘n skeut melk, en sout en peper na smaak.
Ek het dit laat prut terwyl die pasta gaar gekook het. Pasta se water afgegooi en pasta en sous gemeng. Voila!
BRON- Hanta Henning






