MARIE SE EIERVRUG
halwe soetrussie
1 Groot eiervrug
bacon
1 aartappel per persoon
1 ui, opgekap
1 pakkie sampioene, gesny
sout en peper
1 koppie gerasperde kaas
Sny die eiervrug in die lengte deur en kook in liggesoute water (so 10min).
Maak aartappels in mikrogolf gaar.
Braai uie tot bruin en voeg die sampioene, soetrussie en bacon klein opgesny by en braai tot gaar.
Voeg sout en peper by na smaak
Krap die binneste van die eiervrug uit in bak. (Hou die doppe)
Sny die gaar aartappel in blokkies.
Voeg dit by die eiervrug en gooi ook die uie sampioene ,bacon en soetrussie by
Meng alles saam met ‘n halwe koppie van die kaas.
Sit dit terug in die eiervrugdoppe.
Sit op bakplaat en gooi die res van die kaas en neute bo-oor.
Sit in die oond onder die rooster.
Sodra die kaas borrel en bruin word, is alles gaar.
Bedien met groenslaai of tamatieskywe
Foto: Marie Rheeder Troskie








