MADEIRAKOEK MET FLAIR
My weergawe
250 g margarien
250 g strooisuiker
5 ekstra groot eiers
500 ml koekmeel
1 ml sout
Bietjie melk (so 15 ml)
1 eetlepel opgehoop citrus peel (sommer die in die bakkies)
1/2 koppies kersies in die helfte gesny
Voorverhit oond tot 160 °C. Spuit ‘n ringkoekpan so ongeveer 20 cm breed goed met kossproei.
Verroom die botter en voeg strooisuiker geleidelik by en klits tot die mengsel amper wit en romerig is.
Voeg nou die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.
Voeg nou die skil by en meng goed.
Die suiker moet heeltemal opgelos wees.
Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
Meng dit nou geleidelik by die botter, suiker en eiermengsel.
Dit is ‘n redelike stywe deeg.
Indien deeg te styf is, voeg so 5 ml melk op ‘n slag by tot die mengsel werkbaar is.
Voeg nou die kersies by en meng stadig deur
Skep in pan, maak gelyk en bak so ongeveer 50 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Keer uit en laat afkoel.
Vir versiering: Sif so bietjie versuiker oor koek.
Foto en resep geplaas deur Amanda Vallero