
MAALVLEIS EN GROENTEGEBAK
Resep: Cecilia Bedser
FOOD LOVERS RECIPES
500 g beesmaalvleis
1 ui, gekap
30 ml kookolie
125 ml rou rys
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml droë pietersielie
1 pakkie groentesop
750 ml vleisaftreksel
Soteer uie in verhitte kookolie tot deurskynend.
Voeg die vleis by en braai totdat die vleis van kleur
verander. Roer met ‘n vurk terwyl die vleis braai om die
tekstuur los van mekaar te hou.
Voeg die rys, sout, peper en pietersielie by en meng dit
goed.
Skep in ‘n oondskottel.
Meng groentesop en aftreksel in ‘n klein kastrolletjie en
prut terwyl geroer word om mengsel effens te verdik. Giet
die sop oor die vleis- en rysmengsel.
Plaas die deksel op en bak by 160°C vir 1 uur of totdat
die rys en vleis gaar is.






