LEKKER KOFFIEKOEKIES
Ek het ‘n koffie koek uit die koekies resep gemaak. Ek het die koffie, botter en stroop en suiker. Sout en vanieljegeursel. Soda en melk saam gemeng. Toe vat ek dit en gooi dit saam by die bak met die meelblom ensovoorts. Ek het ‘n bietjie meer melk by die hoeveelheid wat hulle se n mens moet gebruik gegooi. Die deeg was loperig gewees… Ek het kits room gebruik vir die ‘Topping’. Ek het ‘n driekwart teelepel koffie by gegooi. Ek het nie die Koffieroomvulsel gemaak nie..
As ek die Koekies bak sal ek kits room of vars room wat geklits is gebruik..
6 koppies koekmeel
3/4 koppie botter of margarien
3/4 koppie suiker
1/2 koppie gouestroop
1 teelepel koeksoda
100 ml melk
1 eetlepe koffie – kits koffie
1 teelepel Vanilla
1/2 teelepel sout
Klits die botter en suiker goed saam.
Voeg die stroop by en klits dit weer goed. Voeg ook die soda wat in die melk opgelos is by en meng dit weer goed.
Voeg die koffie- kits koffie, en sout en die vanieljegeursel by.
Voeg die meel alles tegelyk by en knie dit baie goed. Dit moet ‘n stywe deeg wees.
Rol dit dun uit en sny met n pasteiwieletjie of n mens in langs vingertjies.
Bak dit 5 tot 8 minute lank op n gesmeerde bakplaat in n matige ood by 180 ºC.
Koffie roomvulsel.
1 koppie suiker
1/2 koppie botter of margarien
100 ml melk
1 eelepel koffie- kits koffie
1 teelepel Vanilla
Kook die bestanddele alles saam vir 5 minute lank in n karstrol
Klop dit met ‘n houtlepel nadat dit van die stoof of vuur verwyder is tot dit koud en dik is.
Die resep lewer so 60 dosyn koekies as dit voldoende is..
Foto en resep geplaas deur Sheree Van Riet