Spoel appeltjies af. Ontpit (sny appel vleis van stronkies af – vleis word in konfyt verwerk, stronkies in pektien) – en kook apart in baie water – genoeg om die vrugte vry te laat dryf
Vir fynkonfyt :
Kook oor matige hitte tot vleis stukkend gedruk kan word (soos wanneer aartappels gaar is).
Gebruik ‘n groot kastrol soos met alle konfyt moet die inhoud verkieslik nie te diep wees nie. Weeg appelmoes af en voeg 1.25 kg wit suiker vir elke 1 kg keiappelmoes by. Verhit oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Kook tot dit begin jel, skep die skuim af aan die einde en bottel in droë warm gesteriliseerde inmaakflesse.
Vir Keiappeljellie
Kook stronkies tot die water lymerig is. Moenie roer terwyl dit kook nie, dit sal die jellie vertroebel. Syg deur moeselien doek – moenie dit deurpers nie. Weeg die hoeveelheid filtraat af. Weeg ewe veel wit suiker af per gewig. Voeg by en verhit stadig – roer tot suiker opgelos is en syg weer deur sodra die mengsel kookpunt bereik. Kook dit matig vinnig in oop kastrol totdat dit dik van lepel afdrup.
Foto’s : Petro Borchard en Rina Kleinhans











Geskuif