

HOKEY POKEY ROOMYS
4 eetlepels suiker
2 eetlepels goue stroop
1 teelepel koeksoda
Verhit die suiker en stroop in ‘n pot op die stoof oor ‘n lae hitte totdat dit begin kook en suiker opgelos is. (hou dit baie fyn dop, dit brand maklik)
Haal van die stoof af en voeg die koeksoda by – wees versigtig, dit pof dadelik op.
Giet dan die hokey pokey uit op waspapier wat bespuit is met spray and cook.
Wag dat dit afkoel en kap dit in stukkies met die agterkant van ‘n lepel.
500 ml room
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanilla geursel
Klits die room tot styf, roer die vanilla geursel en kondensmelk by en roer die hokey pokey in.
Sit in die vrieskas oornag.
Ek het gevind dat as jy so 125 room uithaal en vervang met melk is dit baie lekker. Proe net soos vanilla country fresh roomys. Jy hoef nie die hokey pokey in te sit nie, maar dit is heerlik met dit!
Wiandra Nel






