HANNETJIE SE DROOM SJOKOLADEKOEK
My oorlede baas bakster sussa se sjokolade koek.
2 koppie koekmeel
1¾ koppie suiker
6 eiers
1 koppie warm water
4 teelepels bakpoeier
¾ koppie kookolie
½ koppie kakao
1 teelepel vanillagerusel.
Klits eierwitte en 1 teelepels bakpoeier styf.
Sif droë bestandele saam en meng in alles wat oorbly, behalwe witte wat laaste in gevou word.
Bak in 2 voorbereide ronde panne vir 30 minute by 180 ºC of tot gaar. Versiering wat ek gebruik.
1 blikkie karamel kondensmelk
250 ml room
3 eetlepels Karamel kitspoeding
Meng bogenoemde goed saam en sit bietjie in yskas om te stol, versier soos jy wil verder.
Resep: Susan Holm
FOTO: Jeanette Martins








