FYN RYP KERSIETAMATIE-KONFYT
tamaties
suiker
gemmerwortel
skyfies suurlemoen
suurlemoensap of kremetart
sout
1. Gooi kookwater oor die tamaties, trek die skilletjies af en weeg. Sny ’n paar van die tamaties stukkend en sit die tamaties in die konfytkastrol.
2. Gebruik 500 g suiker vir elke 500 g tamaties en skep in lae in die kastrol en voeg ’n paar stukkies gekneusde gemmerwortel by. Laat ’n paar uur lank staan.
3. Om sandsuiker te voorkom, voeg vir elke 3 kg tamaties 3 skyfies suurlemoen en die sap van 1 suurlemoen of 5 ml kremetart en ¼ teelepel sout by. Roer net genoeg om te verhoed dat die fyn konfyt aanbrand.
4. Toets op ’n stukkie kombuispapier of die druppel wegtrek of nie. Sodra die druppel soos ’n oliedruppel op die papier bly is die konfyt gereed om gebottel te word.
5. Bottel warm en draai styf toe.
BRON- Rhona Richards Peens








