

VRIENDSKAPS KOEK –(Herman broodjie)
PLANTJIE
125 ml koekmeel
125 ml sterk lou melk of water (of ‘n mengsel van die twee)
2 ml aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie vars, saamgeperste suurdeeg
2 ml suiker
Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure op ‘n warm plek staan tot skuimerig. Roer dit af en gooi dit in ‘n glasbottel met ‘n skroefdeksel of in ‘n mengbak wat met waspapier of kleefplastiek bedek is.
1 ste dag
Voeg by die 250 ml plantjie:
250 ml melk
250 ml koekmeel
125 ml suikerRoer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.
2e – 4e dag:
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in koelkas.
5e dag:
Voeg weer by:
250 ml melk
250 ml koekmeel
125 ml suiker
Roer tot gemeng, bedek en plaas terug in koelkas.
6e – 9e dag:
Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in koelkas.
10e dag:
Gee 250ml van die mengsel aan ‘n vriendin, hou 250 ml vir jouself vir die volgende koekmengsel en gebruik die oorblywende plantjie mengsel om jou vriendskapkoek mee te bak.
Nota: Ek het die helfte met piesang en sjokolade gemeng en ander helfde met vrugte en neute.
Foto: Marian van Deventer







Geskuif