TUISGEMAAKTE PASTA
Ek en hubby het ons (eerste keer) eie pasta gemaak. En was dit nou maklik en pasta smaak 100% beter. Het ons maar 30min geneem vanaf maak tot op bord. Geen preseveer middels ens..
Die pasta baie baie maklik 250g meel en 2 eiers. Maak holte in middel en gooi geklitse eier in en roer met vurk. Knie deeg dan vir n rukkie totdat alles gemeng is. Gooi klein bietjie water by as dit te droog is. Ons het pasta masjien en dan rol jy kleinerige stukkies deur dit. Die lekkerte is ook dat ons saam kook.
Kook dan pasta in water met sout in, genoeg sout want deeg kry nie sout in nie. Dit het gekook vir so 7 min tot gaar. ons het dit opgehang vir n rukkie om droog te word…
BRON- Lynette Vd Bergh
Monica du Preez Kan nogal glo vir hoelank het jy dit gehang
Lynette Vd Bergh Monica net vir n paar minute, ons het die pasta gemaak en toe gehang en toe maak ons die sousie wat seker so 10 min geneem het en toe gooi ek dit in die kook water. Die pasta masjien se resep noem ook dat n mens dit nie vir lank hoef uit te droog nie, die rede lyk my is maar net om te keer dat hulle nie aanmekaar klou. En ons sin was mooi los van mekaar.








