

TRIFLE SLAAI
Nou wie het nou gesê ‘n mengelslaai in “boring” Hélène Kluge het hierdie pragtige en heerlike idee vir ons gestuur.
Neem glase van jou keuse, nie te groot nie, sit jou gekerfte blaarslaai onder in, dan ‘n laag tamatie, laag natuurlike jogurt en roomkaas wat gemeng is, of mayo en kondensmelk as jy daarvan hou, enige romeringe slaaisous sal werk, en so pak jy dan komkommer, slaaisous en pak al die lae van dit waarvan jy hou, heel bo ‘n beet ringetjie, met ‘n room rosie en whala, lieflike slaai en niks wat oorbly nie. Duisend dankies Helene, dit lyk sommer heerlik!
Idee en foto: Hélène Kluge






