Sprei 2 koppies sesami saad in ‘n plat bakpan en rooster dit tot dit net begin verkleur. Roer dit nou en dan deurmekaar. Moenie dit te donker laat rooster nie, want hoe bruiner die sade word, hoe bitterder word die tahini.
Plaas die geroosterde sesami saad oor in ‘n vinnige blender en terwyl die motor loop, giet jy bietjie vir bietjie van ¼ tot ½ koppie olyfolie by tot dit ‘n pasta vorm. Gebruik meer of minder olyfolie om die dikte van die pasta te bepaal.
Dit kan vir tot ‘n maand in die yskas in ‘n toe bottel gehou word.
ADAM CLOETE