Ek het my spinasie mooi skoon gewas gekook met uie, later aartappels bygesit,, toe dit gaar is het ek dit fyn gemaak met botter sout en peper.
Intussen het ek my sampioene gebraai bacon fyn op gesny en saam met die sampioene gebraai, ek het n witsous aangemaak en by die sampioene en bacon gevoeg. Daarna het ek alles saam gemeng met die spinasie ook, en kaas bo oor gerasper.
Gebak op 180. vir so tien na vyftien minute totdat die kaas gesmelt het.
my eie resep -Marie Rheeder Troskie








