ROOINEKKE (ROOIDRUIWE IN WITBLITS)
(Maak 2 x 250 ml bottels)
3 groot trosse rooidruiwe, gewas
2 e suiker
1 k witblits
Sny die druiwekorrels van die takkies af sodat daar net ʼn puntjie van die takkie aanbly. Prik die korrels so 3 keer met ʼn naald of tandestokkie en plaas in ʼn gesteriliseerde fles. Sprinkel die suiker oor en vul die fles met die witblits. Draai styf toe en bêre drie maande op ʼn koel, donker rak.
WENK: Om Boerejongens te maak, vervang die rooidruiwe met hanepoot -druiwe en die witblits met brandewyn.
Bron: Louisa Greeff