

RINA SE PIESANG EN NEUTMUFFINS
350 ml bruismeel ( ek het gluten vrye meel gebruik)
50 ml semels
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
125 ml hawermout
3 ryp piesangs fyngemaak as hulle klein is sit een gerasperde appel by
1 groot eier geklits
75 g fyngekapte neute
50 ml klapper
75 g margarien/botter gesmelt en afgekoel
10 ml asyn
2.5ml sout
Opsioneel – 50 ml suiker of versoeter – proe aan jou deeg
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Sif die meel, bakpoeier en koeksoda saam, meng met die neute, klapper, suiker en hawermout.
Maak die piesangs fyn, klits die eier en meng die piesang, eier en botter, gooi die asyn daarby.
Gooi nou die twee mengsels bymekaar en meng goed, indien te droog gooi bietjie melk by, maar ek het nie nodig gehad nie.
Sit papiervorms in jou groot muffin pan, en skep die deeg in die 6 vorms, of 12 kleintjies.
Bak vir 25 min of tot gaar.
Hulle is op hulle lekkersrte wanneer hulle warm geeet word.
Met die glutenvrye meel het dit amper die tekstuur van ‘n skon.
Geniet dit
RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans







geskuif