OMGEDOPTE SALM-OMELET TERT
Julle ken dit seker almal, maar dis hoe ek dit doen.
Ek het gerookte salmstukkies in ‘n pan gebraai tot gaar, ‘n gekapte tamatie en groenrissie daarby ingeroer en nog paar minute verder gebraai.
Jy kan wat jy ookal lus voor is, daar insit.
6 Groot eiers geklits saam met klein bietjie melk en ‘n knippie bakpoeier en by die salm in die pan gevoeg. Roer dit tot die eier onder begin stol en dit los raak in die pan. Plaas ‘n deksel op en laat vir ‘n paar minute bak oor lae hitte. Maak seker dat die eier gestol is en los rondskuif in die pan. Plaas ‘n groot bord bo-op, dop die pan om en hoop die hele ding kom heel los van die pan. Die omelet lê nou op die bord (en hopelik nie op die grond nie). Gly dit terug in die pan en bak dit verder tot die anderkant ook gestol het. Gly dit uit op ‘n bord en bedien warm.
Resep en foto: Adam Cloete
« SALSA








