N VLEISERIGE BROODJIE
Die broodjie het ek vanoggend in die ysterpotjie gebak, ‘n bietjie bacon, klein blokkies ham en uie saam gebraai en met meelmengsel gemeng en siedaar ‘n vleiserige broodjie en o! Ja room en potatoe bake en kaas bo-oor.
2 ½ koppie koekmeel
¼ teelepel sout
2 teelepels kitsgis
½ groot ui, fyn gesny
¾ van 250 g spek, duimnael grootte gesny
½ koppie ham, klein blokkies gesny
2 huisies knoffel, baie fyn gekerf
1 pakkie potato-bake
1 ½ koppie room
gerasperde kaas, na smaak
Sif die meel, sout en kitsgis saam en hou eenkant.
Braai die uie, spek, ham en knoffel saam in ‘n bietjie botter.
Voeg nou gebraaide spekmengsel by meelmengsel en roer dit goed.
Gebruik genoeg louwater om die mengsel te knie, kan ongelukkig nie sê hoeveel nie, ek skat maar, deeg moet redelik sag wees.
Knie tot elasties, maak toe en laat rys tot dubbel die deeg se groote.
Meng intussen die potato-bake met die room.
Knie deeg af, giet helfte van potato-bake op boom van ysterpot, sit deeg in en giet res van roommengsel bo-oor deeg.
Strooi gerasperde kaas oor en bak 45 min by 180°C.
Resep en foto: Elsa Hattingh