1 koppie botter of margerien
1 koppie wit suiker
1 koppie bruin suiker
1 koppie stroop
1 blik kondensmelk
In mikrogolf bak, smelt die botter vir 1 en half minuut op hoog- 100%.
Verwyder en gooi al die ander bestanddele by en mikrogolf vir 5 min op hoog.
Haal uit en roer en sit terug vir nog 5 min op hoog.
Roer en sit terug vir nog 3 min op hoog.
Haal uit roer en gooi in pan! – lekker sagte toffie!
Resep: Riana Du Plessis
Foto: Heather Strumpher








