Almal het so eenskottel gereg wat hy maak en vandag het ek sommer regtig alles in en bak gepak. Maklik, heerlik en lekker min skottelgoed.
500 g maalvleis
1 groot uit geskil en gekap
½ bakkie sampioene gekap
2 knoffelvingers gekap
2 groot wortels I ringe gesny
1 klein broccoli in klein blommetjies gebreek
3 groot aartappels in skywe gesny (of meer indien nodig)
1 pakkie Potato Bake – Cheddar cheese and Onion
400 ml melk
1 ½ koppies gerasperde Cheddar kaas
Ina Paarman se garlic and herbs geurmiddel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Braai die uie en knoffel in bietjie olyf olie tot net sag, gooi die maalvleis by en braai lekker bruin, voeg die gekapte sampioene by, geur met geurmiddel en swart peper, pasop vir te sout, want die potato bake het sy eie sout. Sit eenkant.
Spuit ‘n oond bak ongeveer 20 x 20cm, pak ‘n lekker dik laag aartappels onder in die bak, strooi die wortels en broccoli oor, skep die maalvleis mengsel bo-op. Pak weer ‘n dun laag aartappels bo-op die maalvleis. Maak die potato bake aan met die melk en giet oor die gereg.
Maak toe met foelie en bak by 180ºC vir ongeveer 1 uur.
Maak oop, strooi die kaas bo-oor, los oop en bak vir ‘n verdere 30min tot die aartappels lekker sag en die kaas mooi bruin is.
Bedien saam met ‘n heerlike groen slaai of slaai van jou keuse.
Foto en respe deur Rina Kleinhans








