

LAAT DIE GEES JOU LEI – TERT
Van die dames wat by Theodore werk, het die resep vir hom gegee. Hulle sê die tert het nie ‘n naam nie, maar jy maak hom… SOOS DIE GEES JOU LEI!!! En… moet sê… dis ‘n heerlike tert – en nou eers weer die treffer wat naweke gemaak gaan word!!
2 pakkies Marie beskuitjies
2 pakkies vanilla kitspoeding ( wat met melk aangemaak word)
1 koppie melk
1 blikkie kondensmelk
1 liter amasi – dit staan by die karringmelk op die rak
Meng die vanillakitspoeding en 1 koppie melk goed in mengbak
Klits die liter amasi daarby.
Gooi dan kondensmelk by en meng goed.
Pak beskuitjies onder in bak – en gooi laag vulsel, en weer ‘n laag beskuitjies dan laaste vulsel.
Krummel orige beskuitjies bo –oor en laat staan in yskas – verkieslik oornag dan trek die geur lekker deur.
Dit kan saam met roomys vir ‘n poeding ook bedien word.
Resep en Foto: Mariana Cassie Carosini






