Hettie Jacobs Saam met ‘n lekker room sampioensous (wat jy self maak met skyfies gebraaide sampioene, room en sampioensoppoeier) en Asian Stirfry!! “Jy sal jou lippe afkou!” haha Geniet dit.
Estelle De Villiers Olivier Ek sny myne in repies, geur, rol in meel en bak in vlak olie, draai om, dit is heerlik crisp buite-om en doeksag en sappig binne.
Dawn Ceronio Stadig gebraize met lekker baie uie, op ‘n kraakvars broodrolletjie met slaai op ….yummmmeeeee!
Manda Barnard Gebraai op baie warm hardehout kole, medium rare, sny in repies en eet direk van kole af met suurlemoensap en sout na smaak.
Melanie Brass lekker gebraai, maak yorkshire poeding groot gebak in oondpan, sny steak in repies pak in yorkshire poeding wat bedek is met blaarslaai, tamatie, uie ens en lekker mayonnaise of mosterd sous. Rol op en eet soos ‘n wrap. Mmmmm heerlik!
Joey Brummer Ek sny beeskook ook in repies doop in geklopte eier dan in koekmeel wat ek alles en nog wat ingooi. Braai tot goudbruin buite.
Myrtle Lombard Niemann Meng tamatiesous, chutney, en Worcester sous saam met fyn gerasperde uie en tamaties, gooi sout en pepper by, meng alles saam gooi oor die tenderized steak, bak in oond vir ongeveer 1 uur of tot vleis sag is. Bedien met mashed potatoes en ertjies. Gooi dan sous van vleis bo-op mashed potatoes en bedien met ‘n vars groen slaai. HEERLIK!
Foto van Myrtle se resep deur Florance Grace Louw
Florence Grace Louw: Dankie Rina Kleinhans en dit is die reseppie… steak heerlik sag!









