Dis maklik. Pastei-deeg. laat lekker ontdooi en rol uit. pak gaar fyngedrukte patat so ongeveer 5mm dik op dit. Rol soos op foto (soos jy jam tert sal rol) laat heeltemal koud word en sny soos die foto. Pak in ‘n bak. Maak nou koppie bruinsuiker en 220ml (een bakkie) room aan en kook in mikro. Roer gedurig. Bak die patat SONDER die stroop vir 30min op 220. Haal uit en gooi die warm stroop eweredig oor en bak vir nog 10 min. Pasop dis flippen warm.
BRON- Chris Agenbag
FOTO – Dawie Vd Heever
Elmarie Snyman
Ek maak my patatrol ook so behalwe dat ek die bruinsuiker dadelik bo oor strooi en een blikkie room bo op suiker en bak in oond 180 grade vir 30 min. Dit is heerlik amper nie groente eerder poeding
Dit is heerlik Chris ons ook mal daaroor. Ek maak ook so rol met vierkantige ham en gerasperde kaas en strooi dan hoender speserye op die werk oppervlak voor ek deeg neersit. Metode soos met patats rol op sny in ronde wiele ons noem dit trokwiele lol! Bak dan op bakplaat vir 30 min teen 180 grade heerlike soutigheid. Lekker aand









