GNOCCHI
Het vandag ‘n voorraad Gnocchi gemaak. Ek het die deeg verkleur met Koo se Garlic tamatiepasta en daarna die Gnocchi gevorm en dit nie gekook nie, maar gevries in pakkies. Vries baie goed.
Ek maak Gnochhi gereeld en ek werk op die skaal van vir elke koppie fyn aartappels
gebruik jy ‘n koppie meel!
Dit is baie maklikker vir die eerstekeer kokke om die deeg net reg te kry!
Jy moet dan natuurlik altyd so ekstra meel hê om die oppervlakte te bedek waarop jy gaan werk asook vir die elastiesiteit reg te kry van jou gnochhi indien nodig.
Nog ‘n idee wat ek kan byvoeg is dat jy kan met jou meel sommer so bietjie gerasperde parmesan
byvoeg ( mens koop die klein pakkies klaar gerasper by alle kruideniers winkels)
Ek gooi so ‘n hele pakkie in met vier koppies fyn aartappels/meel verhouding), dit maak dit gnochhi nog lekkerder smaak!
Terloops elke koppie fyn aartappels/meel maak genoeg gnochhi vir een persoon met groot eetlus! Geniet !
Recipe for gnocchi
2 potatoes
2 cups all-purpose flour
1 egg
Bring a large pot of salted water to a boil. Peel potatoes and add to pot. Cook until tender but still firm, about 15 minutes. Drain, cool and mash with a fork or potato masher.
Combine 1 cup mashed potato, flour and egg in a large bowl. Knead until dough forms a ball. Shape small portions of the dough into long “snakes”. On a floured surface, cut snakes into half-inch pieces.
Bring a large pot of lightly salted water to a boil. Drop in gnocchi and cook for 3 to 5 minutes or until gnocchi have risen to the top; drain and serve.
FOTO- Corne Liebenberg








