

GEPEKELDE KUMKWATE
Hoe langer die kumkwarte gebere word, hoe lekkerder is dit.
Ek is mal daaroor saam met braaivleis, en enige ander rooi vleis.
2 kg kumkwarte – die helfte gesny en pitte uit
1 koppie methi masala
STROOP 1
1½ koppie suiker
2 koppies wit asyn
STROOP 2
¾ koppie olie
1 eetlepel mosterd saad
Gooi die kumkwarte en masala bymekaar in ‘n bak en roer deur.
Kook die suiker en asyn totdat die suiker gesmelt het.
Laat bietjie afkoel, en gooi by die kumkwarte en roer deur.
Maak die olie net warm – nie baie warm nie, en gooi oor die kumkwarte saam met die mostert saad.
Bottel en laat afkoel.
Bere in yskas.
BRON- Sarel Lacante
Methi Masala sal jy by ‘n Indier winkel kan kry.
Dis baie meer geuriger as die gewone masala speserye wat jy bv by Checkers sal kry.
Checkers het gewoontlik ‘n klein afdeling by die speserye waar jy al die briyani, masala, kerrie ens kry.
Die Checkers masala sal ook werk indien jy nie ‘n Indier winkel naby het nie.






