CHEDDAR KAAS HOENDER
4 groot hoenderborsies of fillette
6 na 8 provitas (fyngedruk) Jy kan ook Tuc, cream crackers of salticrax koekies gebruik)
½ teelepel sout
½ teelepel peper
½ koppie melk
3 koppies cheddarkaas, gerasper
1 teelepel droë pietersielie
Sous: (opsioneel)
1 blikkie room hoender sop
2 eetlepel suurroom
2 eetlepel botter
MAAK DAN SO:
Gooi die melk, kaas en provita krummels in 3 afsonderlike bakke Meng die sout en peper in die krummels in. Doop elke stukkie van die hoender in die melk en dan in die kaas. Druk die kaas vas met jou vingers. Druk dan die hoender in die provita krummels en druk styf vas.
Spuit ‘n pan met cook en spray en plaas die hoender in die pan. Strooi die droë pietersielie oor die hoender. Sit hoender in die yskas vir tenminste 20 minute . Bedek die pan met foelie en bak by 200 grade vir 35 minute. Verwyder die foelie, bak vir ‘n verdere 10-15 minute, of totdat die kante van die hoender goudbruin en bros is.
In ‘n medium pan meng die room hoender sop, suurroom en botter. Roer dit oor medium hitte tot die sous lekker warm is. Dien op oor die hoender
MY WENK:
Hoenderstukke kan ook gebraai word of in platboompan gaargemaak word.
Jurg Lubbe