BETS SE KORSLOSE SOUTTERT
250 g spek (gesnipper)
6 viennas/1 klein blikkie viennas (ringetjies gesny)
125 g polonie (gerasper)
125 g kaas (gerasper)
2 eetlepels koekmeel
1 koppie melk
2 eiers (geklits)
1 teelepel mosterdpoeier
1 ui (gerasper)
1 teelepel pietersielie (gekap)
Meng al die bestanddele saam en skep in gesmeerde kolwyntjie pannetjies of oondpan. Bak teen 180ºC tot gaar. GENIET!!