

Sny ‘n avokado in blokkies en sprinkel suurlemoensap oor en geur met sout en growwe peper. Neem nou shrimps en braai dit in botter en voeg gekapte knoffel en suurlemoensap by, geur met sout en growwe peper en bietjie paprika. Laastens maak ‘n seafood sousie van mayonnaise, bietjie worcestersous en tamatiesous. Vat ‘n mooi glasie en sit avo blokkies onderin. Sit nou die shrimps bo op. Neem ‘n lepeltjie seafood sous en sit bo op. Sprinkel met paprika.
BRON- Leanne Thurston Coetzer






