


WIT SJOKOLADE EN SOUT-KARAMEL KAASKOEK
Kors:
10 mini caramel rolkoekies; elkeen opgesny in 5 dele.
Vulsel:
300 g wit sjokolade; breek dit fyner
250 ml room
3 x 230 g geroomde maaskaas
5 ml vanilla geursel
60 ml suurlemoensap (verkieslik vars)
15 ml gelatien, gespons op 60 ml water
Bolaag:
1 blikkie karamel kondensmelk
250 ml room; styf geklits
3 ml growwe seesout
15 ml gelatien, gespons op 60ml water
Caramelized popcorn / neute
Smeer 24 cm losboom koekpan liggies met botter, voer uit met kleefplastiek. Spuit dan die kleefplastiek liggies met kleefwerende kossproei. Druk koekies stewig teen rand en bodem. (almal pas presies in ‘n 24 cm pan). Hou eenkant.
Smelt sjokolade en room oor lae hitte. Laat effens afkoel en voeg die maaskaas, geursel en suurlemoensap by. Sit gesponsde gelatien ‘n paar sekondes in mikrogolf en roer by. Gooi in kors en sit in yskas tot gestol (+- 5ure) VOORDAT jy die bolaag maak.
Bolaag:
Vou caramel by room en sout. Sit gesponsde gelatien ‘n paar sekondes in mikrogolf en roer by. Gooi oor gestolde vulsel. Stol verder oornag.
Voor opdiening gooi gekapte sout neute en/of caramelized popcorn oor .
Dis nogal ‘n duur tert agv die kors.
Indien jy die kors verander kan die tert aansienlik goedkoper uitwerk
Resep en foto: Maria Liebenberg
Tweede foto: Rene VanneMerwe







geskuif