WIAN SE MAASKAASTERT
Jamroll of Tennisbeskuitjies vir die bodem.
1 bakkie maaskaas
1 blik kondensmelk
1 bottel Orley whip
1 eetlepel gelatine
½ koppie suurlemoensap
1 blik fyn pynappel
1 eetlepel vlapoeier
Kook pynappel en vla saam in mikrogolf vir 5 min.
Roer elke minuut.
Laat koud raak.
Meng kondensmelk en suurlemoensap saam.
Klits orley whip styf in aparte bak.
Roer kondensmelk en suurlemoensap, orley whip en maaskaas saam.
Meng gelatine met 1 – 2 eetlepel lou water (dit moet loperig wees).
Voeg dit in ‘n straaltjie by en roer gedurig (klits stadig met handklitser)
Skep op basis en laat stol.
Skep vla bolaag op en maak met vurk gelyk.
Resep en foto: Wian Swart