

VINNIGE RUM EN RAISIN TERT
1 bottel (250ml) Orley whip/room
1 blik “caramel”
3 teelepels gelatien
5 ml vanilla- en 7,5 ml rumgeursel
½ koppie rosyne geweek in kookwater
Tennisbeskuitjies
Klits die Orley whip/room styf.
Klits die “caramel” daarby in.
Los die gelatien op in kookwater en klits ook by roommengsel in.
Dreineer die rosyne.
Meng 5 ml vanilla- en 7,5 ml rumgeursel en die rosyne by roommengsel in.
Pak tennisbeskuitjies in ‘n glasbak, skep die roommengsel bo-op en krummel nog tennisbeskuitjies bo-oor.
Plaas in die yskas om te stol.
Resep en foto: RuaanEmmarentia Bolton






