

VINNIGE KAMMA TIRAMISU
Neem 4 bakkies– en breek 2 tot 3 sponsvingerkoekies daarin.
Neem lekker sterk koffie – afgekoel – en gooi oor die koekies.
Wend jou tot die vanilla roomys wat 15 minute vroeër uit die vrieskas gehaal het sodat dit makliker hanteerbaar is, en skep ‘n lagie roomys in sodat die roomys ‘n ysberg in die middel vorm.
As jy Amarula of enige lekker room likeur in die kas het, drup dit in.
Klits ‘n houertjie room styf en skep dit bo-op die roomys.
Sprinkel gekrummelde Flake tjoklit bo-oor, en ‘n siffie met bietjie kakao poeier in, bo-oor gesprinkel
BRON- Carol Elliott Claassen






